Wie is Kanaal 7?

Kanaal 7 is 'n nie-winsgewende maatskappy, geregistreer onder Artikel 21 van die Maatskappy wet; vandaar hierdie jaarlikse fondsinsamelingsprojek.

Kanaal 7 word oor 35 senders en in 43 dorpe regoor Namibië gehoor. Kanaal 7 word ook in Oshiwambo op 6 senders uitgesaai. Kanaal 7 kan 24 uur per dag via internet geluister word.

Kanaal 7 se wese bepaal dat ons nie Sondae, Kersdag & Goeie Vrydag enige advertensies uitsaai nie. Om dieselfde rede word ook nie drank of dobbel advertensies uitgesaai nie. Kanaal 7 het 32 permanente personeel, 4 omroepers en 5 vryskut omroepers.

Hoekom hou Kanaal 7 'n Radiothon?

Die Radiothon help ons om 24 uur per dag, 7 dae per week, te kan uitsaai. Hoewel die advertensie-inkomste van Kanaal 7 'n inkomstebron is, help die jaarlikse Radiothon fondsinsamelingsprojek met 23% van die totale inkomstebehoefte. Die Radiothon is Kanaal 7 se grootste jaarlikse fondsinsamelingsprojek. Hierdie projek genereer twee soorte inkomste:

  • Donasie Inkomste
  • Veiling van geskenkte items

Wat maak Kanaal 7 met die geld?

Radiothon inkomstes word vir die volgende uitgawes by Kanaal 7 gebruik:

  1. Instandhouding en vervanging van toerusting
  2. Sender kostes
  3. Radiothon uitsaai kostes
  4. Ander bedryfskoste
  5. Bydrae tot ander organisasies

Een tiende van alle Radiothon inkomste word aangewend in ’n nasionale Nood Hulp Fonds.

Wat is Kanaal 7 se inkomstebron?

  • Verkoop van Lugtyd (Advertensies)
  • Donasies (Radiothon & Ander)
  • Ligdraers (Debiet orders)
  • Projekte

Kanaal 7 se uitgawes

  • Uitsaai – 28%
  • Instandhouding – 21%
  • Ander Bedryfskostes – 25%
  • Bemarking – 26%

Beraamde Totale kostes per jaar – N$ 17 Miljoen

 

*Neem asseblief kennis: Transaksies wat met 'n Suid Afrikaanse Krediet Kaart gedoen word sal addisionele FOREX kostes dra*

  1. Kanaal 7 Skenking

    Givetoday.com.na bied u 'n geleentheid om enige bedrag van u keuse te skenk.

    Sleutel asb die bedrag hier in. U sal daarna die opsie hê om met 'n kaart betaling of elekroniese bank transaksie u skenking te voltooi.

Total Amount: N$0.00