Wie is Kanaal 7?

Kanaal 7 is 'n nie-winsgewende maatskappy, geregistreer onder Artikel 21 van die Maatskappy wet; vandaar hierdie jaarliks fondsinsamelingsprojek.

Kanaal 7 word oor 35 senders en in 43 dorpe regoor Namibië gehoor. Kanaal 7 word ook in Oshiwambo op 6 senders uitgesaai. Kanaal 7 kan 24 uur per dag via internet geluister word.

Kanaal 7 se wese bepaal dat ons nie Sondae, Kersdag & Goeie Vrydag enige advertensies uitsaai nie. Om dieselfde rede word ook nie drank of dobbel advertensies uitgesaai nie. Kanaal 7 het 32 permanente personeel, 4 omroepers en 5 vryskut omroepers.

Hoekom hou Kanaal 7 'n Radiothon?

Dis lekker om te weet dat hierdie jaar is K7 se 24ste Radiothon! Die aftelling het begin, die organisasie is aan die gang, die spanne is in plek. Ons is sterk besig om elke dorp reg te kry vir die Radiothon.

Telefoon lyne word getoets en ge-installeer. Dokumentasie word gereed gekry en dan wag ons vir die groot dag! 

Die Radiothon help ons om 24 uur per dag, 7 dae per week, te kan uitsaai. Hoewel die advertensie-inkomste van Kanaal 7 'n inkomstebron is, help die jaarlikse Radiothon fondsinsamelingsprojek met 23% van die totale inkomstebehoefte. Die Radiothon is Kanaal 7 se grootste jaarlikse fondsinsamelingsprojek. Hierdie projek genereer twee soorte inkomste:

  • Donasie Inkomste
  • Veiling van geskenkte items

58% van Kanaal 7 se inkomste kom van besigheid en 42% van vrywillige finansiële bydrae van ons luisteraars en ondersteuners. 

 

Wat maak Kanaal 7 met die geld?

Radiothon inkomstes word vir die volgende uitgawes by Kanaal 7 gebruik:

  1. Instandhouding en vervanging van toerusting
  2. Sender kostes
  3. Radiothon uitsaai kostes
  4. Ander bedryfskoste
  5. Bydrae tot ander organisasies

Een tiende van alle Radiothon inkomste word aangewend in ’n nasionale Nood Hulp Fonds.

Wat is Kanaal 7 se inkomstebron?

  • Verkoop van Lugtyd (Advertensies)
  • Donasies (Radiothon & Ander)
  • Ligdraers (Debiet orders)
  • Projekte

Kanaal 7 se uitgawes

  • Uitsaai – 28%
  • Instandhouding – 21%
  • Ander Bedryfskostes – 25%
  • Bemarking – 26%

Beraamde Totale kostes per jaar – N$ 17 Miljoen

 

ons hou van kuier! 

Hou ons dop op ons verskillende sosiale platforms soos Facebook, Instagram en Twitter. Spesiale items en kompetisies word gereeld hier gelaai. Op die manier kan ons luisteraars regoor die wêreld ophoogte hou vir Radiothon.

Besoek ons op Facebook

 Ons Webtuiste